Ons Visie
Om effektiewe en kwaliteit bystand aan leerders in alle vakgebied en graadvlakke te bied en sodoende die leerders se selfvertroue op te bou.
Ons Missie
Om leerders gerieflike toegang te bied tot bekwame en bemoeide tutors - in persoon of virtueel.
Ons staan leerders met erns en doelgerigtheid by in alle vakgebiede van Graad R tot Graad 12 deur die aanbieding van individuele- en klein groep klasse.
Ons Geskiedenis
Wat begin het as dringende nood vir ekstra inkomste en leerders wat vashaak in Wiskunde, het ontaard in ’n ‘tutoring’ akademie wat leerders op hulle individuele nood bedien. In 2021 was ek (WB Botha) werksaam as assistent onderwyser by Laerskool Monumentpark. Juffrou Marlene Haarhoff, my mentor en vakhoof, het van my nood geweet en ook van die gaping wat daar was wat leerders ervaar het ten opsigte van Wiskunde. Sy het die potensiaal raakgesien en my aangemoedig om myself beskikbaar te maak om hierdie leerders by te staan. Paar jaar later staan ons nou bekend as ’n gevestigde maatskappy waar die leerders se nood ons hoogste prioriteit is.
Met 'n groep toegewyde tutors kan mens ver kom.
Registreer vandag om 'n verskil in jou kind se akademiese toekoms te maak.
populêre Vakke
Ons bied alle vakgebiede aan vanaf Graad R tot Graad 12.
Fisiese wetenskap
Biologie
Sosiale Wetenskappe
Wiskunde
Wiskunde Geletterdheid
Alfa Wiskunde
Ekonomie
Rekeningkunde
Besigheidstudies
Afrikaans Eerste Taal
English FAL
English Home Language